Die Global Biodiversity Information Facility (GBIF) is ’n internasionale organisasie wat fokus op wetenskaplike data oor biodiversiteit wat deur die internet beskikbaar is deur die gebruik van webdienste. Die data word deur baie instellings dwarsoor die wêreld verskaf; GBIF se inligtingstruktuur maak dié data deur ’n enkele portaal toeganklik en soekbaar. Data behels plante, diere, swamme en mikrobes.